Djakarta - ‘n Indonesiese man het ses tande verloor en moes 15 steke ontvang ná ‘n sigaret in sy mond opgeblaas het, het die Huffington Post berig.
Die tabakmaatskappy het ingestem om sy mediese koste te dra.
Die sigaret het in Andi Susanto se mond opgeblaas terwyl hy op sy motorfiets in Bekasi gery het.
Hy het ses tande verloor en moes 15 steke ontvang.
Dit is nie duidelik hoekom die sigaret opgeblaas het nie, maar dit is moontlik dat die metanol in die sigaret iets daarmee te doen het.
Metanol word onder andere gebruik om vuurpylbrandstof te maak.
Die 31-jarige man is blykbaar getraumatiseer en sal dit oorweeg om op te hou rook.
woensdag 3 februari 2010
Abonneren op:
Reacties posten (Atom)
Geen opmerkingen:
Een reactie posten